Mandisa Maya

Mandisa Maya
Mandisa Maya
Regter M. Maya in kamers, Bloemfontein, 2015

Adjunkhoofregter van Suid-Afrika
Ampsbekleër
Termynaanvang
1 September 2022 [1]
Voorafgegaan deur Raymond Zondo

4de President van die Hoogste Hof van Appèl van Suid-Afrika
Ampsbekleër
Termynaanvang
26 Mei 2017
Waarnemend: Oktober 2016 – 25 Mei 2017
Voorafgegaan deur Lex Mpati

5de adjunkpresident van die Hoogste Hof van Appèl van Suid-Afrika
Ampstermyn
23 September 2015 – Oktober 2016
President Lex Mpati
Voorafgegaan deur Kenneth Mthiyane
Mahomed Navsa (Waarnemend)
Opgevolg deur Jeremiah Shongwe (Waarnemend)
Xola Petse

Kansellier van die Universiteit van Mpumalanga
Ampsbekleër
Termynaanvang
1 Julie 2021
Voorafgegaan deur Cyril Ramaphosa

Persoonlike besonderhede
Gebore Mandisa Muriel Lindelwa Maya
20 Maart 1964 (1964-03-20)
Tsolo, Transkei
Kind(ers) 3
Alma mater Duke University
Georgetown University
Universiteit van Natal
Universiteit van Transkei (tans deel van die Walter Sisulu Universiteit vir Tegnologie en Wetenskap)
St. Johns College,Mthatha

Mandisa Muriel Lindelwa Maya Mlokoti (gebore 20 Maart, 1964) is die eerste vroulike Suid-Afrikaanse regsgeleerde wat gedien het as regterpresident van die Appèlhof (HHA). Sy het die aanstelling beklee vanaf 26 Mei 2017, voordat sy die benoeming as adjunkhoofregter van die Grondwetlike Hof aanvaar het. Sy is ook die eerste vroulike kansellier van die Universiteit van Mpumalanga, welke aanstelling sy sedert 1 Julie 2021 beklee.[2][3][4] Sy het voorheen gedien as onder andere regter van die Mthatha Hooggeregshof, as juniorregter van die Appèlhof, en later as adjunk-regterpresident van dieselfde hof, bykomend tot aanstellings as waarnemende regter by verskeie howe.[5]

Op 3 Mei 2022 het Maya President Cyril Ramaphosa se benoeming om as adjunkhoofregter vir Suid-Afrika aangestel te word aanvaar.[6][7][8]

  1. https://mg.co.za/news/2022-07-25-ramaphosa-appoints-mandisa-maya-as-deputy-chief-justice/
  2. "SCA Judges' CV". www.justice.gov.za. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Desember 2019. Besoek op 3 April 2017.
  3. "Justice Mandisa Maya becomes first woman to occupy top SCA post".
  4. Digital, TMG (26 Mei 2017). "Judge Mandisa Maya is new president of the Supreme Court of Appeal". The Times. Besoek op 26 Mei 2017.
  5. Evans, Jenni (6 Maart 2017). "Judge Maya makes SCA history… again". News24. Besoek op 28 Mei 2017.
  6. Swart, Megan (25 Julie 2022). "Eerste vrou as adjunkhoofregter aangestel". Maroela Media. Besoek op 27 Julie 2022.
  7. Swart, Megan (25 Julie 2022). "'Mylpaal' met aanstelling van nuwe adjunkhoofregter". Maroela Media. Besoek op 27 Julie 2022.
  8. Judicial Service Commission (4 Mei 2022). "Request for comments on candidate nominated for the position of Deputy Chief Justice of the Republic of South Africa" (PDF). Office of the Chief Justice, Republic of South Africa. Besoek op 10 Mei 2022.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search